../../

We use cookies to ensure you get the best possible experience.

Allow Cookies Cancel


IS JOU HAKSKENE DROOG EN GEBARS?

Dit is nie ongewoon om na ’n lang winter, of selfs ’n langer somer, ’n paar sandale aan te trek en droë, gebarste hakskene te ontdek nie. Vind uit wat dit veroorsaak, hoe om genesing te bevorder en watter tipe skoene om te vermy as jy gebarste hakskene in die toekoms wil vermy!  

foot scrubbing

Droë en koue weerstoestande, langdurige staan en stap en sommige tipes skoene soos plakkies en ander oophakskoene kan barste (ook bekend as krake) in die vel van jou hakskene veroorsaak. Hierdie eenvoudige, beskermende stappe kan verdere skade help voorkom en genesing bevorder:

  1. Eksfoliasie: Gebruik ’n nat skuurklip in die stort en skuur jou hakke en eelte sagkens. Dit sal help om die dikte van die eelte te verminder en toelaat dat rome beter in hierdie areas geabsorbeer word.
  2. Bevogtig: Vogrome kan help om die meeste klein krake te laat verdwyn, maar indien jy erge barste het, soek na ’n produk wat vir voete en hakskene ontwerp is en wat glikolsuur en/of salisielsuur bevat, wat die vel dieper kan binnedring. Smeer dit aan voordat jy bed toe gaan, en trek dan ’n paar katoensokkies aan.
  3. Kies geskikte skoene: Oophakskoene soos plakkies laat die vel in die hakskeenarea toe om uit te sit en te bars. Kies toehakskoene - ten minste tot jou voete gesond is. 


Related Articles

Understanding Meningitis

Understanding Meningitis

Category: Clinic Services

Meningitis is a relatively rare infection that affects the delicate membranes - called meninges - th...

+ read more
THE FLU SHOT!

THE FLU SHOT!

Category: Clinic Services

Getting an annual flu vaccine is the first and best way to protect yourself and your famil...

+ read more
What Conditions Is Herbal Medicine Used For?

What Conditions Is Herbal Medicine Used For?

Category: Clinic Services

Herbal medicine has been used to treat or alleviate virtually every possible medical condition. Here...

+ read more
Copyright 2018 - 2025 | Terms and Conditions | Designed and Developed by iWits