../../

We use cookies to ensure you get the best possible experience.

Allow Cookies Cancel


BEWESE GESONDHEIDSVOORDELE VAN GEMMER

Gemmer is een van die gesondste (en lekkerste) speserye in die wêreld en dit is een van die min “supervoedsels” wat wel die naam werd is. Dit is propvol voedingstowwe en bioaktiewe verbindings wat geweldige voordele vir jou liggaam en brein inhou.

Ginger

Gemmer bevat gingerol, ’n middel wat sterk antiinflammatoriese en anti-oksidant- medisinale eienskappe het. Dit word al baie lank in verskeie vorms van tradisionele/alternatiewe medisyne gebruik. Dit word gebruik om te help met spysvertering, om naarheid te verminder en om griep en gewone verkoue te beveg – om maar net ’n paar te noem. Gemmer kan vars, gedroog, in poeiervorm, as ’n olie, sap of kapsules gebruik word, en dit word soms by verwerkte voedsel en skoonheidsprodukte gevoeg. Dit is ’n baie algemene bestanddeel van resepte.

  1. Gemmer kan verskeie tipes naarheid behandel, veral oggendnaarheid tydens swangerskap. Dit word al lank as ’n geneesmiddel vir seesiekte gebruik, en daar is bewyse dat dit dalk net so effektief soos voorskrifmedikasie kan wees.
  2. Gemmer werk vir spierpyn wat deur oefening veroorsaak word. Gemmer het nie ’n onmiddellike effek nie, maar kan die dag-tot-dag vordering van spierpyn verminder. Daar word geglo dat hierdie uitwerking deur die anti-inflammatoriese eienskappe veroorsaak word.
  3. Die anti-inflammatoriese uitwerking kan met osteoartritis help. Osteoartritis is ’n algemene gesondheidsprobleem wat die agteruitgang van die gewrigte in die liggaam behels, wat dan lei tot simptome soos gewrigspyn en styfheid. In ’n gekontroleerde studie van 247 mense met osteoartritis in hulle knieë het dié wat gemmerekstrak geneem het minder pyn gehad en ook minder pynmedikasie benodig.
  4. Gemmer kan bloedsuiker drasties verlaag en hartsiekte risikofaktore verbeter. In ’n onlangse studie van 41 deelnemers met tipe 2-diabetes het 2 gram gemmerpoeier daagliks die vastende bloedsuiker met 12% verlaag. Dit was egter net ’n klein studie. Die resultate is indrukwekkend, maar dit moet in groter studies bevestig word voordat enige aanbevelings gemaak kan word.
  5. Gemmer kan help om chroniese slegte spysvertering te behandel. Chroniese slegte spysvertering (dispepsie) word gekenmerk deur herhalende pyn en ongemak in die boonste deel van die maag. Daar word geglo dat ’n groot oorsaak van slegte spysvertering ’n maag is wat te stadig leeg raak. Gemmer kan help om hierdie proses te versnel by mense met hierdie toestand. In ’n studie van 24 gesonde individue het 1,2 gram gemmerpoeier voor elke maaltyd die leegmaak van die maag met 50% versnel.
  6. Gemmer kan cholesterolvlakke verlaag. Hoë vlakke LDL-lipoproteïene (die “slegte” cholesterol) word gekoppel aan ’n verhoogde risiko vir hartsiekte. In ’n 45-dagstudie van 85 individue met hoë cholesterol het 3 gram gemmerpoeier noemenswaardige verlagings in die meeste cholesterolmerkers veroorsaak.
  7. Gingerol, die bio-aktiewe stof in vars gemmer, kan help om die risiko vir infeksies te verlaag. Gemmerekstrak kan trouens die groei van verskillende tipes bakterieë beperk. Dit is baie doeltreffend teen die orale bakterieë wat met inflammatoriese siektes van die tandvleis soos gingivitis en periodontitis verband hou. 


Related Articles

WHAT PARENTS SHOULD KNOW ABOUT CONCUSSION

WHAT PARENTS SHOULD KNOW ABOUT CONCUSSION

Category: Pharmacy

Look for subtle symptoms and be prepared that it may take a child up to a month to recover...

+ read more
HOOFPYN: VYF TEKENS DAT DIT ERNSTIG IS

HOOFPYN: VYF TEKENS DAT DIT ERNSTIG IS

Category: Pharmacy

Sekere tipes hoofpyn moet dringend ondersoek word as jy dit nog nooit vantevore gehad het ...

+ read more
IF YOUR CHILD DEVELOPS A FEVER

IF YOUR CHILD DEVELOPS A FEVER

Category: Pharmacy

While a fever generally is not something to be overly concerned about, some cases require medical in...

+ read more
Copyright 2018 - 2024 | Terms and Conditions | Designed and Developed by iWits