../../

We use cookies to ensure you get the best possible experience.

Allow Cookies Cancel


HOOFPYN: VYF TEKENS DAT DIT ERNSTIG IS

Sekere tipes hoofpyn moet dringend ondersoek word as jy dit nog nooit vantevore gehad het nie, sê ’n neuroloog by Guy’s and St Thomas’ Headache Centre in Londen.   1. Ondraaglike, skielike pyn agter in die kop wat binne twee tot vyf minute ’n piek bereik: Dit is veral kommerwekkend by iemand wat nie gewoonlik hoofpyn kry nie en moet met ’n CT-skandering en lumbale punksie ondersoek word om vir bloed in die spinale vloeistof te soek. Moontlike oorsake sluit bloeding op die brein of meningitis in. 2. Hoofpyn wat deur aktiwiteit aangebring word: Dié wat toeslaan terwyl jy oefen, hoes, tydens inspanning of seks kan ’n teken wees  an drukking in die brein. Dit kan ’n tumor, bloeding, kanker of ’n sist wees. 3. Eerste hoofpyn op hoë ouderdom: Bloedtoetse en ’n CT-skandering sal ernstige oorsake soos temporale artritis wat deur inflammasie van die skedelslagare veroorsaak word en tipies as ’n dowwe pyn in die slape voorkom, uitskakel. Dit verg dringende behandeling om blindheid of beroerte te voorkom. 4. Hoofpyne wat jou wakker maak: Dit kan ’n simptoom wees van ’n tumor, want dit is ’n teken van druk wat in die nag opbou. 5. Pyn met ’n hoë koors, stywe nek, verwardheid, toevalle, dubbelvisie of uitslag: Dit kan meningitis wees.


Related Articles

WHAT PARENTS SHOULD KNOW ABOUT CONCUSSION

WHAT PARENTS SHOULD KNOW ABOUT CONCUSSION

Category: Pharmacy

Look for subtle symptoms and be prepared that it may take a child up to a month to recover...

+ read more
IF YOUR CHILD DEVELOPS A FEVER

IF YOUR CHILD DEVELOPS A FEVER

Category: Pharmacy

While a fever generally is not something to be overly concerned about, some cases require medical in...

+ read more
KALSIUM – WATTER TIPE IS BETER?

KALSIUM – WATTER TIPE IS BETER?

Category: Pharmacy

Kalsiumaspartaat anhidries word op die internet verkoop en is blykbaar ’n nuwe tipe kalsium me...

+ read more
Copyright 2018 - 2024 | Terms and Conditions | Designed and Developed by iWits