../../

We use cookies to ensure you get the best possible experience.

Allow Cookies Cancel


KALSIUM – WATTER TIPE IS BETER?

Kalsiumaspartaat anhidries word op die internet verkoop en is blykbaar ’n nuwe tipe kalsium met ’n hoër absorpsiekoers. Daar is egter nog geen wetenskaplike studies om hierdie bewering te steun, of enige van die ander bewerings wat oor die produk gemaak word dat dit beter werk om beendigtheid te bou en dus die risiko vir osteoporose meer effektief verlaag as ander vorms van kalsium, en dat dit ook beter werk vir hakskeenspore, fibromialgie en osteoartritis nie. 

calcium

Kalsiumsitraat word makliker opgeneem as ander vorms. Kalsiumkarbonaat is makliker om te kry en goedkoper, maar word nie so goed geabsorbeer nie. Dit is heel veilig om kalsiumaanvullings wat vitamien D bevat, te gebruik om behoorlike absorpsie en gebruik van kalsium te verseker. Voldoende vitamien D-inname is dalk selfs belangriker as ’n kalsiumaanvulling om osteoporose te voorkom. Magnesium en kalsium word saam geneem (in ’n 1:2-verhouding) om die hardlywigheid wat kalsium veroorsaak, te voorkom.

Wanneer jy kyk na nuwe produkte wat te goed klink om waar te wees, soek na onafhanklike dokumentasie. Word wetenskaplike studies op die webblad aangehaal? Sal jy daardie studies kry as jy in die mediese literatuur daarna soek? Jy kan die op groot MEDLINE-databasis van mediese vaktydskrifte by www.ncbi.nlm.nih. gov/pubmed soek. As jy nie enige relevante studies kry nie, dan is daar heelwaarskynlik nie.


Related Articles

WHAT PARENTS SHOULD KNOW ABOUT CONCUSSION

WHAT PARENTS SHOULD KNOW ABOUT CONCUSSION

Category: Pharmacy

Look for subtle symptoms and be prepared that it may take a child up to a month to recover...

+ read more
HOOFPYN: VYF TEKENS DAT DIT ERNSTIG IS

HOOFPYN: VYF TEKENS DAT DIT ERNSTIG IS

Category: Pharmacy

Sekere tipes hoofpyn moet dringend ondersoek word as jy dit nog nooit vantevore gehad het ...

+ read more
IF YOUR CHILD DEVELOPS A FEVER

IF YOUR CHILD DEVELOPS A FEVER

Category: Pharmacy

While a fever generally is not something to be overly concerned about, some cases require medical in...

+ read more
Copyright 2018 - 2024 | Terms and Conditions | Designed and Developed by iWits