../../

We use cookies to ensure you get the best possible experience.

Allow Cookies Cancel


DRIE VOEDSELS WAT GESONDE SIG BEVORDER

Die handhawing van gesonde sig verg meer as net gereelde roetineondersoeke - dit wat jy eet kan ’n positiewe impak op jou sig hê.

food

Voeg die volgende by jou maaltye:

  1. Donker blaargroente wat luteïen en seaxantin bevat - twee karotenoïede wat kan help om katarakte en ouderdom-verwante makulêre degenerasie te hanteer. Spinasie, krulkool en ander groen groente is almal uitstekende bronne. Begin deur bindslaai in slaaie met spinasie te vervang en voeg ’n porsie groen groente by jou maaltye.
  2. Patats (saam met pampoen en spanspek) bevat baie karotenoïede, wat as voorlopers van vitamien A funksioneer - ’n voedingstof noodsaaklik vir normale sig en retinafunksionering. ’n Eenvoudige, gesonde ruiling is om ’n patat in plaas van ’n wit aartappel te bak.
  3. Eiers. Slegs een eier per dag sal jou luteïen- en seaxantinvlakke verhoog en ook swaelverbindings voorsien wat kan help voorkom dat katarakte vorm. As jy nie ’n aanhanger van eiers vir ontbyt is nie, voeg ’n gesnyde, hardgekookte eier by ’n slaai vir middagete of aandete.

 


Related Articles

Understanding Meningitis

Understanding Meningitis

Category: Clinic Services

Meningitis is a relatively rare infection that affects the delicate membranes - called meninges - th...

+ read more
THE FLU SHOT!

THE FLU SHOT!

Category: Clinic Services

Getting an annual flu vaccine is the first and best way to protect yourself and your famil...

+ read more
What Conditions Is Herbal Medicine Used For?

What Conditions Is Herbal Medicine Used For?

Category: Clinic Services

Herbal medicine has been used to treat or alleviate virtually every possible medical condition. Here...

+ read more
Copyright 2018 - 2024 | Terms and Conditions | Designed and Developed by iWits