../../

We use cookies to ensure you get the best possible experience.

Allow Cookies Cancel


VERSADIGDE VET – GOED OF SLEG?

Toenemende navorsing oor die afgelope paar jaar weerspreek die heersende oortuiging dat die verlaging van cholesterol deur versadigde vet in die dieet te verminder die liggaam teen hartsiektes beskerm. 

Saturated fats

 Bewyse hiervan het die eerste keer kop uitgesteek in bevindings van ’n ou studie wat gekyk het wat die effek van dieet op die hart se gesondheid is. Dit is onder 9 423 mans en vroue in Minnesota se psigiatriese staatshospitale en -versorgingsoorde gedoen. Die helfte van die deelnemers het ’n dieet met beesvleis, melk en kaas - alles ryk aan versadigde vet - gevolg, terwyl die ander op ’n dieet geplaas is wat versadigde vet met poli-onversadigde mielie-olie en mielie-oliemargarien vervang het. Die navorsers se teorie was dat die dieet met die poli-onversadigde vette die een sal wees wat die hart sou beskerm. Dit was nie die geval nie. 

Nog inligting rondom hierdie idees het van ’n wetenskaplike ontleding van 21 vroeër studies gekom, wat geen noemenswaardige bewyse gevind het dat versadigde vet in ’n dieet met verhoogde risiko of koronêre hartsiektes geassosieer word nie. Die studies wat ontleed is, het data van ongeveer 348 000 deelnemers ingesluit, van wie die meeste gesond was toe hulle by die verskeie ondersoeke ingeskryf is. Navorsers het hulle vir tussen vyf en 23 jaar gevolg, waartydens 11 000 hartsiekte ontwikkel het of ’n beroerte gehad het. Daar is geen verskil gevind in die risiko vir koronêre hartsiektes, beroertes of koronêre vaskulêre siektes tussen dié met die laagste en hoogste innames van versadigde vet nie. Blykbaar het baie van die studies wat in die verlede laevet-aanbevelings ondersteun het, ernstige tekortkominge gehad.

In 2017 het nuwe navorsing getoon dat mense wat die meeste vet (gemiddeld 35,3% van alle kalorieë) eet, 23% minder geneig was om te sterf as diegene wie se vetinname die laagste was (gemiddeld 10,6% van totale kalorieë). Dit het nie saak gemaak of die vet versadig, poli-onversadig of mono-onversadig was nie. Die hoërvetdiëte is ook met ’n laer risiko vir beroertes geassosieer. Dieselfde studie het gevind dat mense wat die meeste koolhidrate (77% van totale kalorieë, insluitend koolhidrate uit vrugte en groente) eet, ’n hoër risiko het om te sterf (nie noodwendig aan kardiovaskulêre siektes nie) as diegene wat die laagste hoeveelheid koolhidrate (46% van totale kalorieë) eet.

In die lig van hierdie resultate en die feit dat voedsel wat ryk is aan versadigde vet (spek, beesvleis, geprosesseerde kaas) nie die beste opsies vir algehele gesondheid is nie, word daar aanbeveel dat inname van hierdie voedsel tot ongeveer 10% van daaglikse kalorieë beperk word. Jy kan roomys, botter, goeie kwaliteit- natuurlike kaas of selfs ’n biefstuk by geleentheid kies. 


Related Articles

Understanding Meningitis

Understanding Meningitis

Category: Clinic Services

Meningitis is a relatively rare infection that affects the delicate membranes - called meninges - th...

+ read more
THE FLU SHOT!

THE FLU SHOT!

Category: Clinic Services

Getting an annual flu vaccine is the first and best way to protect yourself and your famil...

+ read more
What Conditions Is Herbal Medicine Used For?

What Conditions Is Herbal Medicine Used For?

Category: Clinic Services

Herbal medicine has been used to treat or alleviate virtually every possible medical condition. Here...

+ read more
Copyright 2018 - 2025 | Terms and Conditions | Designed and Developed by iWits